KLUB KAMPIOENSKAPPE ‘FINALS DAY’ 2018

//KLUB KAMPIOENSKAPPE ‘FINALS DAY’ 2018

KLUB KAMPIOENSKAPPE ‘FINALS DAY’ 2018

Welgemoed Tennisklub se 2018 Klub Kampioenskappe was gespeel vanaf September tot Desember 2018.
Daar was altesaam 36 mans deelnemers wat sake uitgespook het om uiteindelik te bepaal wie as die beste speler vir 2018 aangewys gaan word.
Die top vier posisies is gedurende die eerste amptelike “finals” dag bepaal en amptelike wedstryd skeidsregters en verskeie baljoggies was ook teenwoordig.
Die algehele wenner van die 2018 Klub Kampioenskap was Rutger La Cock en die naaswenner Lindley Marthinus.
‘n Formele prysuitdeling het gevolg na afloop van die wedstryde.
Baie dankie aan ons 3x borge vir die dag, Toro Tennis, HmT Investments en Coll8.
Die dag was ook baie goed ondersteun deur familie, vriende en tennisliefhebbers.
Inskrywings vir die 2019 Klub Kampioenskappe het reeds geopen en  daar word beplan om hierdie jaar twee nuwe kategoriee (asook vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n vroue klub kampioenskap) by te voeg.
‘n Algehele wenner sal dus bepaal word vir die Junior, Senior en Veterane afdeling (as die inskrywings dit toelaat).

2019-05-29T22:31:41+00:00